Jasper: Die grootste sonplaas in SA ProAgri - Benine Cronje

Jasper: Die grootste sonplaas in SA ProAgri - Benine Cronje

AGRI NK - JasperDie grootste sonplaas in die land en een van die grootstes in Afrika, is die Jasper-sonplaas net buite Postmasburg in die Noord-Kaap. Dit is deur SolarReserve, ’n wêreldwye ontwikkelaar van grootskaalse sonenergieprojekte, opgerig.

Die naam, Jasper, is Engels vir jaspis, ’n soort klip wat algemeen in die Noord-Kaap voorkom en maklik op die sonplaas uitgeken kan word. Jasper-sonplaas is 150 hektaar groot en sy meer as 325 000 fotovoltaïese modules lewer 96 megawatt DC (gelykstroom), wat na 75 megawatt wisselstroom omgeskakel word. Dit beteken dat die sonplaas jaarliks 180 000 megawatt-uur lewer, wat genoeg is om 80 000 huishoudings van elektrisiteit te voorsien.

AGRI NK - JasperKevin Smith, die wêreldwye besturende direkteur van SolarReserve, sê hulle het op die Noord-Kaap besluit omdat die son daagliks helder skyn en die lug suiwer is. “SolarReserve kies sy projekte versigtig in markte met ’n sterk onderliggende ekonomiese beweegrede in hulle guns. Die Jasper-projek, soos alle SolarReserve-projekte, is so ontwikkel dat die projek finansiering kan bekom,” voeg Kevin by.

Agri Northern Cape