Honger styg onder jeugdiges Landbou - Deur Joylene van Wyk

Honger styg onder jeugdiges Landbou - Deur Joylene van Wyk

Agri Noordkaap - honger styg onder jeugdiges

Suid-Afrikaanse jeugdiges se voedselsekerheid en algemene omstandighede het nie in die afgelope 20 jaar verbeter nie.

Die onvermoë van sommige jeugdiges in die Noord-Kaap en die Oos-Kaap om hul provinsies vir groener weivelde te verlaat, dra daartoe by dat hulle die ergste honger in die land ervaar. Hierdie statistiek wat wys dat die lewensomstandighede vir jeugdiges vanaf 2009 tot 2014 nie verbeter het wat voedselsekuriteit betref nie, is deur dr. Pali Lehohla, statistikus-generaal, by die Parlement bekend gemaak.

Die verslag, Vulnerable Group Series 1: the social profile of youth, 2009-2014, fokus op die maatskaplike profiel van jong mense in die land, soos onder meer wat hulle opname in die arbeidsmag, toegang tot voedsel en behuising is. Dit skets ’n swaarmoedige prentjie van ’n jeug wat na 20 jaar van demokrasie steeds nie voldoende voedselsekuriteit ervaar nie, werkloosheid in die gesig staar en sy hoop op ’n beter toekoms sien vervaag aangesien hy minder vaardighede as sy voorgangers het.

read more