Meer Australiese lamsvleis na SA Landbou.com

Meer Australiese lamsvleis na SA Landbou.com

Agri Noord Kaap - Meer Australiese lamsvleis na SA

Australië se lamsvleis-uitvoere na SA is op.
Foto: Sheep CRC

Invoere van Australiese lamsvleis het in die ses maande tot Maart tot 1 700 ton gestyg.

Australiese lamsvleis-uitvoere na Suid-Afrika (SA) het met 188% tot 1 700 ton opgeskiet in die ses maande tot Maart 2016, maar Meat and Livestock Australia (MLA), vleisbemarker, sê dis nie die hele storie nie.

“Dié syfers lyk op hulle eie goed, maar die gemiddelde waarde van uitvoere, wat reeds laasjaar laag was, het nog verder gedaal.” Lamsvleis-verskeping na SA was gemiddeld A$1,52 (R17,44)/kg werd, wat 54% laer is as in 2015.

Wêreldwye uitvoere van Australiese lamsvleis was in die ses maande tot Maart op ’n jaar-tot-jaar-grondslag amper onveranderd op 124 637 ton, maar die lande waarheen uitgevoer is, het dramaties van die vorige jaar verskil. Die grootste uitvoergroei was na Amerika, wat 20% meer Australiese lamsvleis ontvang het met 29 904 ton.

Uitvoere na Suid-Korea was 49% hoër op 4 043 ton, en na Katar was 23% op met 6 794 ton. Uitvoer na die Verenigde Arabiese Emirate was 13% hoër op 10 686 ton. Daar was egter dalings van 85% in uitvoere na Hong Kong (648 ton) en 87% na Bahrain (507 ton). Die Verenigde Koninkryk het ook 20% minder Australiese lamsvleis ingevoer (4 096 ton).

Agri Northern Cape