+ 27 53 832 9595
Die sprinkane is hier!

Die sprinkane is hier!

Die sprinkaanswerms is hierdie jaar ongelooflik groot en ons het befondsing nodig om die pes te bekamp.

Besoek ons Agri Noord-Kaap Stigting webwerf om ‘n skenking te maak.

Lede van die publiek en boere word versoek om enige swerms aan me. Mulalo Matodzi by 083 326 7773, me. Vuyokazi Mpumlwana by 084 760 8176 of dr. Ikalafeng Kgakatsi by 072 198 9882 aan te meld.

Boere kan swerms ook by die kantoor van die departement van landbou op De Aar aanmeld by 053 631 3122 of 053 631 3261, of by dr. Gerhard Verdoorn by 082 446 8946.

AGRI NK - Sprinkaanswerms
Die sprinkane is oppad! Landbou.com / Michelle van der Spuy

Die sprinkane is oppad! Landbou.com / Michelle van der Spuy

SprinkaneBoere word gevra om op die uitkyk te wees vir bruin sprinkane met die eerste uitbreking vir dié somerseisoen wat reeds in die Noord-Kaap voorkom.

Soos verwag het die eerste somerreëns ook die eerste uitbreking van bruin sprinkane vir die seisoen in die Noord-Kaap veroorsaak. Swerms is volgens die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling in die ZF Mgcawu- en Pixley ka Seme-distrik aangemeld.

Luidens ‘n verklaring deur dié departement is swerms opgemerk in Upington, Poffader, Marydale, Langklip, Groblershoop, Niekerkshoop, Sutherland en Richmond. Daar word verwag dat uitbreking van swerms ook in ander gedeeltes van die provinsie sal voorkom vanweë die goeie reën wat die afgelope weke in die provinsie geval het.

Met die hulp van die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is ‘n span sprinkaanbeheerders na die gebied gestuur om die verspreiding van die swerms te beheer. Alle grondeienaars word versoek om met dié span saam te werk deur hul toegang tot hul eiendom te bied sodat die swerms maklik beheer kan word.

Dr. Gerhard Verdoorn, wat al in September voorspel het dat sprinkaanswerms sou voorkom sodra die eerste somerreëns geval het, sê hy het toe verwag dat hy vandeesweek oproepe oor uitbrekings sou vervang. Hy het egter verlede week al ‘n oproep oor sprinkane uit Kookhuis in die Oos-Kaap gekry.

“Dit is kommerwekkend. As ‘n oproep oor sprinkane uit die Karoo, Kalahari of Namakwaland kom, is dit heeltemal normaal, maar dat hulle by Kookhuis is, is ‘n groot bron van kommer aangesien dit bitter naby aan die gewasproduksiegebiede is. Dit sê vir my ons sit op ‘n tydbom.”

Hy sê die swerms is nou nog klein, maar sal in die volgende vier tot vyf weke groter word. “Dan kom die pawpaw regtig na die fan toe gevlieg.”

Lede van die publiek en boere word versoek om enige swerms aan me. Mulalo Matodzi by 083 326 7773, me. Vuyokazi Mpumlwana by 084 760 8176 of dr. Ikalafeng Kgakatsi by 072 198 9882 aan te meld.

Boere kan swerms ook by die kantoor van die departement van landbou op De Aar aanmeld by 053 631 3122 of 053 631 3261, of by dr. Gerhard Verdoorn by 082 446 8946.

Grasshopper Project in Douglas Petrus Boshoff

Grasshopper Project in Douglas Petrus Boshoff

Die jare 2020 en 2021 sal verseker vir ‘’n geruime tyd onthou word as jare van uiterstes, want dit was die Covid-19 pandemie, erge brande, dreigende vloede, oorstromings en verspoeling van paaie en saam met die baie reën groot swerms sprinkane wat in groot dele van die Noord-Kaap uitgebroei het.

Hierdie sprinkane bedreig groot dele van die gesaaides binne die Douglas omgewing en het ‘’n groep jong boere van die Douglas Landbou-Unie Agri Noord-Kaap genader vir finansiële bystand met die bespuiting van die sprinkane met ‘’n helikopter.

Agri Noord-Kaap het Santam genader vir ‘’n borg en Santam het R 20 000 geskenk om die boere by te staan in hulle poging om die gesaaides binne die Douglas omgewing te beskerm.

Agri Noord-Kaap spreek daarom hulle opregte dank uit teenoor Santam vir hulle bereidwilligheid om te help om die sprinkaanplaag te bestry. Die sprinkane hou natuurlik ook ‘n groot bedreiging in vir gesaaides in die Vrystaat sou die Noord-Kaap nie daarin slaag om hulle effektief te bestry nie.

Kliek hier om ‘n pdf dokument (2MB) af te laai met fotos van die sprinkane.

We thank Santam for the sponsorship

Santam