+ 27 53 832 9595
RPO Noord-Kaap-kongres: Die rooivleisbedryf kan groei en die droogte sal verbygaan ProAgri - Benine Cronje

RPO Noord-Kaap-kongres: Die rooivleisbedryf kan groei en die droogte sal verbygaan ProAgri - Benine Cronje

“Landbou en meer spesifiek rooivleis is een van die bedrywe waar daar nog baie potensiaal vir die toekoms is om werk te skep en dit uit te brei na rykdom oor ‘n breë spektrum,” sê Johan van der Colff, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, Noord-Kaap.

Hy het sy voorsittersrede gelewer op die RPO Noord-Kaap se kongres op 7 en 8 Junie 2017 te Kimberley by die Horseshoe Inn. Die rooivleisboere het byeen gekom om te gesels oor die geleenthede en uitdagings van die afgelope jaar. Daar was ook verskeie sprekers wat boere weer hoop gegee en interessante onderwerpe rondom die rooivleisbedryf aangeraak het.

Johan van der Colff het in sy voorsittersrede gesê die RPO Noord-Kaap het verskeie sake namens sy lede hanteer die afgelope jaar en die grootste hiervan was seker die kwessie van grond. Dit is belangrik dat boere betrokke moet bly om die organisasie sterk te maak om die sake te hanteer. Hy het ook oor die rol van die weer gesels.

“Die natuurtoestande van die afgelope jaar in die provinsie was van die uiterstes. Die westelike gedeelte en die winterreënvalgebied ondervind nog rampdroogtetoestande. Die hulp wat boere aan mekaar verleen het deur hierdie tydperk was baie bemoedigend,” sê hy.

Agri Noord Kaap

Droogtehulpskema in Noord-Kaap ‘skokkend’ bestuur’ Netwerk24 - Charné Kemp

Droogtehulpskema in Noord-Kaap ‘skokkend’ bestuur’ Netwerk24 - Charné Kemp

Agri SA het Donderdag ’n “skokkende prentjie van blatante gebrek aan goeie beheer- en bestuursbeginsels” geskilder toe hy verduidelik het wat alles met die regering se droogtehulpskema skeefgeloop het.

Dit volg op die droogtehulpskema van R212 miljoen van die departemente van landbou, bosbou en visserye; landelike ontwikkeling en grondhervorming; en water en sanitasie wat onlangs oor die land heen afgehandel is.

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, het op ’n nuuskonferensie in Pretoria bewerings gemaak van oortollige veevoer wat in die Vrystaat gestort is, verkeerde voer wat afgelewer is en hoe verskeie boorgate teen onbehoorlike bedrae geld op dieselfde plek geboor is.

Veevoerpryse is volgens Van Zyl onbehoorlik opgeblaas en amptenare het van die veevoer gevat.

Agri Noord-Kaap reken dat boere in die provinsie sowat 30% minder droogtehulp gekry het weens die drie departemente se aandrang om hul eie verspreiders aan te stel.

Agri SA dring daarop aan dat die portefeuljekomitee, die openbare beskermer en die ouditeur-generaal die toekenning van geld en die aanstel van diensverskaffers vir die droogtehulpskema ondersoek.

Agri Noord Kaap

Droogte nou tot nasionale ramp verklaar? Landbou.com - Deur Joylene van Wyk

Droogte nou tot nasionale ramp verklaar? Landbou.com - Deur Joylene van Wyk

Agri Noord Kaap - Droogte nou tot nasionale ramp verklaar?

Die Parlement, Kaapstad
Foto: www.capetowntravel.com

In ’n verrassende wending het die Nasionale Vergadering ingestem dat die Regering die droogte tot ’n nasionale ramp moet verklaar.

In ’n mosie sonder kennisgewing wat by die Parlement ingedien is, het me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, gevra dat die droogte tot ’n nasionale ramp verklaar en dat alles moontlik gedoen word om die impak van die droogte op landsburgers te versag.

Dit was Donderdag, 26 Mei, die laaste sitting van die NV voordat parlementslede met verkiesingswerk in hulle kiesafdelings begin. Die plaaslike munisipale verkiesing is op 3 Augustus.

Die Regering het verskeie kere reeds aangedui dat hy nie die droogte as ’n nasionale ramp gaan verklaar nie, omdat dit in hierdie stadium volgens hom nie nodig is nie. Siende dat die mosie aanvaar is, beteken dit dat die Parlement ’n amptelike skrywe aan die Regering moet rig waarin sy beroep vervat is dat die droogte tot ’n nasionale ramp verklaar moet word. Die Regering sal terugvoer aan die Parlement moet gee.

Steyn het in haar mosie aangevoer dat die NV kennis moet neem dat die land tans die ergste droogte nóg ervaar en dat dit ’n negatiewe impak op voedselpryse het. Stygende voedselpryse is aan die orde van die dag.

Droogtenood is in sewe van Suid-Afrika se nege provinsies verklaar. Lesotho, Swaziland en Zimbabwe het ook noodsituasies verklaar. Die droogte is egter nie tot nasionale ramp in Suid-Afrika verklaar nie.Agri Northern Cape