+ 27 53 832 9595
Boeredag 2018 met Agri Kuruman Deon Hoon

Boeredag 2018 met Agri Kuruman Deon Hoon

Agri Kuruman in gesprek met Nicol Jansen, Johannes Moller, Omri van Zyl en Pierre Vercueil.

Die gesprek het gegaan oor onteiening sonder vergoeding. Die vier here het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt om aan bekommerde landbouers te verduidelik waarmee Agri SA besig is en hoe die moonlike scenarios kan uitspeel. Feit is dat Agri SA nie onderhandel oor grond nie maar in gesprek is oor moontlike oplossings.

Johannes Möller het ook `n oorkode ontvang vir onbaatsugtige diens gelewer aan landbouers van SA. Ons eer hom daarvoor.

Agri Kuruman sê dankie Deon Hoon

Agri Kuruman sê dankie Deon Hoon

cargill-01gwk-01flotank-01
 
 
 
 
 
 

Agri-Kuruman wil hiermee net die volgende persone en instansies bedank vir die wonderlike voorreg wat ons gehad het om soveel bydraes te kon ontvang. Donateurs, wat die geld beskikbaar gestel het –

Agri SA en Agri Noordkaap met sy personeel en dagbestuur wat die verdeling en logistiek behartig het. Wat die aankoop van die mielies  betref dankie aan Andrew Bothma van Cargill Agriculture Supply Chain wat die beste transaksie met GWK vir ons beding het. GWK het die mielies ook kosteloos vir ons vervoer vanaf Jan Kempdorp na Kuruman. Adri van Flo-Tank het die vervoer gereël, dit het seepglad verloop. Dankie ook aan Gerrit Bruwer en Alewyn Schlebush vir mieliereste wat aan ons geskenk is.

Wees verseker elke blaar en pit word opreg waardeer. Ons bid elkeen seën toe.

Kalahari Groete

Deon Hoon