SANRAL Slaggat Rapporteer Toep
As deel van die inisiatief is die SANRAL-toepassing ontplooi waar motoriste enige slaggate op enige pad kan aanmeld. SANRAL sal die bystand van padgebruikers op nasionale vlak gebruik om paaie met slaggate te identifiseer wat SANRAL dan in staat sal stel om met relevante Padowerheid op te volg oor hoekom slaggate nie op hul paaie herstel word nie en waar nodig om reëlings te tref vir die herstel van slaggate .
Agri SA het na die bekendstelling met SANRAL in kontak getree om ‘n omvattende lys te verskaf van paaie wat regoor die land in ‘n slegte toestand is, veral in landelike gebiede, volgens ‘n vorige opname wat deur Agri SA gedoen is. SANRAL het daarna onderneem om hierdie inligting te gebruik. Agri SA moedig ook al sy lede en die breër gemeenskap verder aan om die toepassing af te laai en dit te gebruik om vordering op geaffekteerde paaie na te spoor en om SANRAL te help om verdere inligting in te samel oor gebiede wat dalk voorheen gemis is.
Die toepassing is reeds beskikbaar en kan afgelaai word vanaf die Apple Store vir iOS-gebruikers en die Google Play Winkel vir Android-gebruikers, of jy kan eenvoudig na die Vala Zonke-webwerf gaan.
Laai die toep hier af:
Apple Store vir iOS-gebruikers
Google Play Winkel vir Android-gebruikers
Webtuiste Operation Valazonke