+ 27 53 832 9595
#AgriNoord-Kaap: Die regering moet sy rol besef, sê Jansen OFM

#AgriNoord-Kaap: Die regering moet sy rol besef, sê Jansen OFM

Agri Noord-Kaap speel ‘n groot rol om die regering te reguleer in terme van die instandhouding van dié provinsie se ekonomie.

Nicol Jansen
Foto deur Blaine Jones

Dié organisasie se president, Nicol Jansen, sê Agri Noord-Kaap het daarin geslaag om die regering aan boord te kry nadat die adjunkpresident van Suid-Afrika, David Mabuza, dié provinsie onlangs besoek het om op hoogte te kom van die plaaslike droogtesituasie.

Die Noord-Kaapse regering het daarna R30 miljoen beskikbaar gestel vir…

Agri Noord Kaap

#Net’nDruppel: ‘Dit gaan nie geld of veld reën nie’, maar reën kan produksie verbeter, sê NK-boer OFM

#Net’nDruppel: ‘Dit gaan nie geld of veld reën nie’, maar reën kan produksie verbeter, sê NK-boer OFM

Talle boere in die Noord-Kaap is in ‘n geldelike verknorsing en as milde reën verligting bring, gaan dit baie help om hulle nood te verlig.

Joe Scholtz
Foto deur Blaine Jones

Dié boere het probleme met kontantvloei en die broodnodige reën gaan boere in staat stel om hul uitgawes te beperk en weer begin met die produksie van hul lewende hawe.

Joe Scholtz, ‘n boer van die plaas Patrysfontein by Griekwastad, sê hy weet dit gaan nie geld of veld reën nie, maar dit gaan….

Agri Noord Kaap

GWK kweek bewustheid oor boere se lot weens droogte OFM

GWK kweek bewustheid oor boere se lot weens droogte OFM

GWK - Net 'n Druppel

GWK – Net ‘n Druppel

GWK, met sy hoofkantoor in die Noord-Kaap, spits hom toe om boere in dié droogtegeteisterde provinsie op verskeie gebiede te ondersteun en om bewustheid te kweek oor die uitdagings wat hulle op grondvlak het weens die droogte.

Een van dié agribesigheid se insisiatiewe is om gemeenskappe oor die land heen bewus te maak van die situasie waarin boere verkeer. Llwellyn Brooks, besturende direkteur van die GWK-groep, sê die insiatief, “Net ‘n Druppel,” wat verlede week in samewerking…

Agri Noord Kaap

Droogtetoestande vererger in NK OFM

Droogtetoestande vererger in NK OFM

Boere word swaar geraak en is in ‘n geldelike knyp, terwyl diere honger ly en waterbronne opdroog. Verskeie organisasies oor die land heen verleen hulp aan dié gemeenskappe wat swaar trek weens die ongekende droogte. Boere is dankbaar vir elke skenking wat ontvang word, maar die omvang van die droogte is reusagtig.

Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê ramptoestande heers in 70% van die Noord-Kaap met uitsondering van slegs ‘n klein deel van dié provinsie wat nie kritiek is nie.

Droogtetoestande vererger in NK

Sentraal SA staan saam, bankvas agter ons boere OFM

Sentraal SA staan saam, bankvas agter ons boere OFM

Sentraal SA staan saam, bankvas agter ons boere
 
“Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.” – C.J. Langenhoven

Gebiede in Sentraal-Suid-Afrika gaan steeds gebuk onder verlammende droogte toestande.

Volgens die Noord-Kaapse komitee vir vroeë waarskuwing, ondervind die provinsie een van die ergste droogtes in meer as ‘n eeu met langdurige droogtetoestande wat die afgelope vyf jaar geheers het. Dít het ‘n verwoestende uitwerking op landbou, die landelike ekonomie en welsyn van inwoners.

Sentraal SA staan saam, bankvas agter ons boere