+ 27 53 832 9595
Agri Noord Kaap -  Deur Charl van Rooyen 12 Julie 2016 93 keer gelees Droogte het beesgetalle in Australië oor drie jaar met ses miljoen verminder!

`n Australiese beesboer
Foto: CSIRO

Droogte het beesgetalle in Australië oor drie jaar met ses miljoen verminder!

Die Australiese beesbevolking het die laaste twee tot drie jaar met sowat ses miljoen diere gekrimp vanweë ’n erge droogte wat dié land net soos Suider-Afrika geteister het, sê mnr. Llewellyn Angus, Simmentaler- en Simbrateler van Arlington in Suid-Afrika, wat Australië onlangs besoek het om beeste te beoordeel.

Dié land het nou net sowat 22 miljoen beeste teenoor die gemiddelde beesbevolking van 28 miljoen voor die droogte.

Angus is deur die Australiese Fleckviehgenootskap genooi om ʼn werksessie aan te bied en beeste op die Dubbo-skou in Nieu-Suid-Wallis te beoordeel.

Hy sê die Australiese Fleckvieh vergelyk goed met die Suid-Afrikaanse Simmentalers en is basies dieselfde tipe, naamlik mediumraam, funksionele diere wat hoofsaaklik vir speenkalfproduksie geteel is. Daar is ook baie SA genetika in hul teling. Die diere is struktureel korrek en het goeie bene. Sommige van die telers konsentreer op dubbeldoel-eienskappe.

Die Australiese Fleckviehvereniging teel met suiwer Fleckviehtipe-diere, wat in Suid-Afrika Simmentalers genoem word. Die Australiese Simmentalervereniging het ook baie goeie Fleckvieh-tipe beeste, maar maak voorsiening vir rooi en swart Simmentalers wat rooi en swart Angusbloed het. “Daar is ʼn gevaar dat dié diere hul identiteit kan verloor, omdat die Angus wat getalle betref  die grootste ras in Australië is,” sê Angus.

Agri Noord Kaap

Share This