Agri NK, ‘n federasie van landbou-organisasies gestig in 1904 as die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, bestaan uit nege provinsiale en 24 bedryfsorganisasies.
Deur middel van sy geaffilieerde lede verteenwoordig Agri NK ‘n uiteenlopende groepering van individuele boere ongeag geslag, kleur of ras. Agri NK se beleidsinsette is onder andere gerig op handels- en nywerheidsbeleid, belasting, grondhervorming, arbeidswetgewing, opleiding, boerontwikkeling, omgewingsake, waterregte en -prysstrategie, ander inset-verwante aangeleenthede, plaasveiligheid, wet en orde, infrastruktuur, tegnologie-ontwikkeling en -oordrag, statistiese inligting en plaaslike regering. Die organisasie het ‘n uitgebreide kommunikasienetwerk met sy lede en ander geaffekteerde gemeenskappe, organisasies en individue.
Agri NK is lid van Besigheideenheid Suid-Afrika (BUSA), die Internasionale Kamer van Koophandel (SACCI), die Wêreld Boere-organisasie (WFO), die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (SACAU) en die Cairns-groep van landbouleiers. Agri NK kommunikeer met lede deur middel van sy twee-maandelikse tydskrif, naamlik Agri, ingelyf Die Boer/The Farmer, ‘n elektroniese nuusbrief en is ook verantwoordelik vir programinhoud van ‘n landbouprogram wat op RSG uitgesaai word.