AbsaABSA – By ABSA Agribesigheid, glo ons daarin om blywende verhoudings met ons kliënte te kweek om hulle op hul reis na sukses te plaas. As jy met ABSA ‘n vennootskap aangaan, gaan jy nie ‘n vennootskap met sommer enige bank aan nie; jy gaan ‘n vennootskap aan met die bank wat hier is sodat jy kan floreer.
 
Kliek op die skakels om die nuutste ABSA Agri Trends af te laai –
ABSA Agri Tendense Vee en Vesel
ABSA Agri Tendense Graan en Groente

 


 

QWKGWK – GWK is ‘n suksesverhaal wat moontlik gemaak is deur die lojale ondersteuning van ons aandeelhouers, sowel as die passie en toewyding van ons werknemers. Ons sien daarna uit om hierop voort te bou en saam in die toekoms groot suksesse te behaal.

 


 

LandbankLandbank – Landbank is ‘n ontwikkelingsfinansieringsinstansie met ‘n mandaat om die ontwikkeling van landbou te ondersteun, bevorder en te fasiliteer.

Standard BankStandard Bank – As ‘n bank vir wie volhoubaarheid ‘n kern strategie oor al sy afdelings is, bly Standard Bank verbind daartoe om volhoubare finansiële oplossings te vind om landbouproduksie en prossering te handhaaf en te verhoog en sodoende die volhoubaarheid van die landboubedryf te verseker.

Total

Total SA – Total SA word alreeds meer as 50 jaar geassosieer met die landbou, daarom is ons trots daarop om steeds deel te vorm van hierdie landbouersgemeenskap. Die reis wat ons saam aangepak het sal nog vir baie jare duur.

 


 

VoxVox Telecom – Vox is dankbaar vir die ondersteuning vanuit die landbougemeenskap en is toegewyd om meer waarde tot landelike kommunikasie te voeg.

 

SantamSantam – Doeltreffene risikobestuur (in die vorm van voldoende oes en bateversekering) is uiters belangrik – en dis hier waar Santam Landbou werklik ‘n verskil maak en landbouers help om ‘n volhoubare teokoms te vestig.

 


 

 

OldmutualOu Mutual – Ou Mutual is daar om u te help om juis nou sekerheid te skep vir u boerderybesigheid, u familie, toekoms en nalatenskap deur behoorlike finansiële advies.

 


 

 

PWCPWC – Agribesighede funksioneer vandag binne ‘n globale omgewing. Met verandering as die enigste onveranderlike, kan maatskappye en individue vinniger, dieper en teen ‘n laer koste as ooit te vore in kontak bly met die res van die wereld. Ons loof Agri Noord-Kaap vir hul volgehoue pogings om voorsiening te maak vir die impak daarvan eerder as om terug te sit en wag vir die resultate.

 


 

 

OVKOVK – OVK het meganismes in plek om produsente met finansiele oorlewingsvermoe, deur moeilike tye te help. Die volhoubaarheid van landbou in Suid-Afrika is vir OVK baie belangrik en is dit wat ons en ons aandeelhouers nastrewe. Ons het almal ‘n verantwoordelikheid om positief te bly oor landbou!

 


 

 

SenwesSENWES – Produsente gee om vir die land, ons doen die werk wat ons doen omdat ons liefde en ‘n passie vir die aarde het asook om die nasie te voed.

SKASKA – SKA Suid-Afrika stel die samewerking met die gemeenskap van die Karoo en Agri Noord-Kaap hoog op prys. Ons sien uit daarna om die vennootskap verder te versterk.

 

 


 

 

StatistiekStatistiek SA – Statistiek Suid-Afrika is trots daarop dat hy oor die jare met Agri Noord-Kaap kon saamwerk. Die vennootskap het versterk en gelei tot goeie ondersteuning, veral deur Agri Noord-Kaap se deelname in Statistiek SA se opnames

 

 


 

 

FNB FNB – By FNB weet ons dat die dinamiese landbousektor vindingryke finansiele oplossings vereis en dat elke streek unieke behoeftes en uitdagings het. Daarom beskik FNB oor ‘n span landboudeskundige spesialisbankiers wat aan spesifieke streke toegewy is. Elke lid van ons span is ‘n spesialis op die terrein van sy streek se landboubedrywe. As jou landboubesigheid hoog mik, kan ons jou help om nuwe hoogtes te bereik.

 


 

 

KLKKLK Landbou Beperk – KLK Landbou Beperk is ‘n gediversifiseerde landboumaatskappy wat produkte en dienste aan landbouers, hoofsaaklik in die geografiese gebied van die Noord-Kaap lewer.

 

 


 

 


AgrifriendAgrifriend
– Ons maatskappy het omvattende kennis en ervaring met ‘n gevestigde klientebasis.

 

 


 

 

Kaap AgriKaap Agri – Die mens-mense by Kaap Agri wens vir Agri Noord-Kaap alles van die beste toe.

 

 

 

 

 

EskomESKOM – Die belangrikheid van die landbousektor gesien deur die oë van Eskom strek baie wyer as die elektrisiteitsverbruik van primere landbou – dit wat gebeur op die plaas. Vir Eskom is die landbousektor die ruggraat van al die sektore.

 


 

 

OmniaOMNIA – Omnia Fertilizer vervaardig korrelrige, vloeibare en spesialiteitsmisstof vir ‘n bree klientebasis, insluitend landbouers, kooperasies en groothandelaars in Suiderlike en Oos-Afrika, Australië, Nieu Seeland en Brasilië. Ons wereldklas laboratoriums en produksiefasiliteite stel ons in staat om aan ons kliente produkte te lewer wat voldoen aan streng standaarde, gerugsteun deur uitgebreide navorsing.

 


 

 

NedbankNedbank – U kliëntediens span by Nedbank staan onder leiding van ‘n bekwame verhoudingsbestuurder wat hom toewy aan u besigheid en ondersteun word deur ‘n landboukundige met in-diepte kennis van u plaaslike omgewing. Ons bied ‘n reeks oplossings wat pasgemaak is vir die landboubedryf en fasiliteer swart ekonomiese bemagtigingstransaksies om volhoubare groei van sodanige besighede te verseker.

 


 

 

SAWSAW – Ons is trots om op die voorpunt te wees van roterende masjientegnologie om sodoende aan ons landbou-klient ‘n diens te lewer wat hom inlig en voorsien van modern toerusting en ook bydrae tot volhoubare landbou. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van ons besigheid in elektriese motors, wisselrigters, pompe, ratkaste, sonkrag en kragopwekkers.

 

 

Share This